Home

Lalamanzi is gelee in die Makoppa distrik van Thabazimbi in die hartjie van die BOSVELD. Lalamanzi spog met 10km KROKODILRIVIER front, en die plaas het verskeie ander vleie en sloepe , wat dit ‘n baie interessante jag en natuur plaas maak.

Lalamanzi is ‘n baie voelryke plaas en spog met spesies soos die visarend (roep van Afrika), visvangers en verskeie insek- en saadvreterspesies.

Die plaas het een van die grootste Hardekool woude in die BOSVELD, en inteendeel, le die HARDEKOOL  jagkamp in die skaduwee van een van die grootste hardekool bome in die BOSVELD.

Die soetveld weiding is net wat die wild op die plaas wil he – en die wild is bykans die hele  jaar in baie goeie kondisie.  Jagters sal nie spyt wees nie – trofee en biltong wild is daar genoeg van.

Die plaas het mooi natuur wat fotograwe of die wat graag fotos neem, nie teleur sal stel nie.

Die plaas het slag en verkoelings geriewe, en jagters word met plaas voertuie na die jagveld vervoer.

By Lalamanzi hou ons daarvan om dinge reg te doen – en om gasvry te wees!

 Ons nooi julle uit om die plaas saam met ons te geniet……..

GPS Co-ordinates: S 24°26'07.48" E 27°08'07.30"

 

 

Lalamanzi

Sunset Beach